On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

AHI kap ook Nkwinti se 50%-grondplan

───   17:37 Mon, 14 Jul 2014

AHI kap ook Nkwinti se 50%-grondplan | News Article
Dirk Kok - Die Afrikaanse Handelsinstituut het sy stem gevoeg by beswaarmakers teen grondhervormingsminister Gugile Nkwinti se plan vir die herverdeling van 50% van boere se grond aan plaaswerkers.
Uitvoerende hoof, Christo van der Rheede, sê dié AHI verstaan grondeienaarskap moet uitgebrei en die foute van die verlede reggestel word, maar Nkwinti se 50%-grondplan is onwerkbaar.
Dit gaan beleggings knou en 'n ernstige bedreiging vir voedselsekerheid wees.
Sonder sekerheid van eiendomsreg, sal Suid-Afrika duisende kommersiële boere verloor.
Van der Rheede sê die alternatief is om boere te beloon wat as mentors in die opleiding van plaaswerkers belê en wat opkomende boere bystaan om volhoubare boerderye tot stand te bring.
Die regering moet boere subsidieer vir beter lewensomstandighede en salarisse vir plaaswerkers.
Om van plaaswerkers te verwag om in die verliese en onsekerhede van boerdery te deel, gaan tot verdere armoede lei. Die AHI sê die regering moet deeglik met landbourolspelers gesels om werkbare planne te kry.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.