On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

World News

Maleisiese lugredery sal kansellasies terugbetaal

───   12:29 Sun, 20 Jul 2014

Kuala Lumpur - Malaysia Airlines het gesê hy sal passasiers ten volle terugbetaal indien hulle hul vliegkaartjies wil kanselleer in die lig van die MH17-tragedie maande nadat vlug MH370 verdwyn het.

Passasiers sal tot Donderdag nie finansieel gepenaliseer word indien hulle enige vliegkaartjies vir die res van die jaar wil kanselleer nie. “Malaysia Airlines sal ook nie enige fooie hef indien passasiers hul reisprogram na enige bestemmings wil verander nie,” het die lugredery in 'n verklaring gesê.

'n Woordvoerder vir die lugredery het gesê sy kan nie bekend maak hoeveel passasiers reeds van die aanbod gebruik gemaak het nie.

Vlug MH17 is Donderdag oor die Oekraïne tussen Amsterdam en Kuala Lumpur glo deur 'n grond-tot-lugmissiel afgeskiet. Altesaam 298 persone aan boord het gesterf.

Vlug MH370 het op 8 Maart 2014 tussen Kuala Lumpur en Beijing met 239 persone aan boord verdwyn. Die vliegtuig het raaiselagtig van koers verander en in die Indiese Oseaan neergestort. Die wrak is nog nie opgespoor nie.
 
Sapa 

More from World News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.