On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Twee boere van VS lei Asuf

───   16:17 Mon, 21 Jul 2014

Dirk Kok. - Twee Vrystaatse leierboere het die leisels van die Landbousektor-eenheidsforum (Asuf) oorgeneem.
Die bekende Japie Grobler, van Vierfontein, is op 'n spesiale vergadering van Asuf tot voorsitter verkies, in die plek van Ntombi Msimang wat in April skielik oorlede is. Die nuwe Asuf-ondervoorsitter is die Vrystaatse president van die African Farmers Association (Afasa), Pitso Sekhoto. Hy boer naby Senekal.
Grobler het ná sy verkiesing gesê belangrike kwessies wat die landbousektor en groter strukturele eenheid van die sektor raak, is op dié spesiale vergadering bespreek. Hy sê een van die grootste kwessies is politieke- en beleidsonsekerheid oor grondhervorming, wat beleggersvertroue, sektorale groei, voedselsekuriteit en werkskepping skade berokken.
'n Spesiale grondhervormingskomitee van Asuf sal teen die einde van die jaar 'n plan vir werkbare grondhervorming aan die regering voorlê.

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.