On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

UV verskerp veiligheid op Bloem-kampus

───   CHRISTAL-LIZE CHRISTAL-LIZE 16:49 Mon, 21 Jul 2014

Christal-Lize Muller
 
Bloemfontein - Die Universiteit van die Vrystaat wil die veiligheid van sy studente en personeel op die Bloemfontein-kampus verskerp met nuwe toegangsbeheermaatreëls by sy hekke.
 
Die UV se Lacea Loader sê dié maatreëls sal na verwagting teen die einde van die jaar ten volle by al vyf toegangshekke in plek wees. Volgens haar kan geldige kaarthouers al teen volgende maand by Badenhorststraat en Furstenburgstraat se hekke toegang tot die kampus kry deur die gebruik van kaartlesers.
 
Die volgende fase is in Oktober met toegangsbeheer by Wynand Mountonrylaan en DF Malherberylaan se hekke.

Loader sê die ingang by die UV se hoofhek gaan ook verbreed word met ‘n ekstra baan vir inkomende verkeer.
 
Geldige
kaarthouers sal al vyf toegangshekke op die kampus kan gebruik wanneer die projek afgehandel is. Alle hekke sal ook ‘n voetgangerdeurgang hê.
 
Diegene wat van die voetgangerdeurgang gebruik maak sal egter hul toegangskaarte moet gebruik om toegang tot die kampus te kry.

Podcasts

Lacea Loader:

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.