On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Local News

NW-polisie ontken berigte oor reeksmoorde by Lichtenburg

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:23 Tue, 22 Jul 2014

NW-polisie ontken berigte oor reeksmoorde by Lichtenburg | News Article
Christal-Lize Muller
Lichtenburg - Die polisie in Noordwes sê mediaberigte oor verskeie reeksmoorde wat die afgelope paar dae by Naauwpoort naby Lichtenburg plaasgevind het is onwaar.
 
Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê die polisie kan nie gerugte van 'n slagoffer wat vermoor en sonder sekere liggaamsdele gevind is en 'n tweede slagoffer wat eers verkrag, toe vermoor en aan die brand gesteek is, bevestig nie.
 
Mokgwabone sê slegs een moordsaak word nou deur die polisie ondersoek waarin 'n bejaarde vrou in haar huis vermoor is.

Mokgwabone vra die gemeenskap om deurentyd veilig en paraat te wees en enigiemand met inligting wat die polisie in die moordondersoek van die 83-jare vrou kan help moet hul naaste polisiekantoor bel.
 
Die SAUK berig dat die gemeenskap van Naauwpoort vir hul lewens vrees nadat drie mense die afgelope paar dae in die omgewing vermoor is.

Podcasts

Sabata Mokgwabone:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.