On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Naptosa vra NK-betogers om aan skoolkinders te dink

───   CHRISTAL-LIZE CHRISTAL-LIZE 14:20 Tue, 22 Jul 2014

Christal-Lize Muller
 
Bloemfontein - Die vakbond Naptosa in die Noord-Kaap doen ‘n beroep op ontevrede gemeenskappe in die Kuruman-gebied om leerlinge van sowat 50 skole se toekoms in ag te neem wanneer hulle betoog oor die swak toestand van paaie in die gebied.
 
Dit kom na hernude betogings gister met die heropening van skole deur gemeenskapslede van die Joe Morolong-padforum.
 
Die ongelukkige gemeenskapslede betoog nou al vir meer as ‘n maand oor die regering se leë beloftes om ‘n plaaslike grondpad te teer.
 
Naptosa se uitvoerende hoof in die Noord-Kaap en Vrystaat, Louwrens Strydom, sê die vakbond is bekommerd oor die negatiewe uitwerking wat die onderbreking in onderrig op leerlinge kan hê.

Intussen vermoed die Noord-Kaapse onderwysdepartement dat die padforum betrokke kan wees by ‘n brand wat vroeg vanoggend by die Laerskool Ditshipeng se administrasiegebou uitgebreek het. Die forum ontken dit egter.
 
Niemand is in die voorval beseer nie.

Podcasts

Lourens Strydom:

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.