On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Vierfontein-boer moet geopereer word ná plaasaanval

───   15:32 Tue, 22 Jul 2014

Dirk Kok
 
Klerksdorp  - Die 81-jarige Buks Swanepoel wat in ’n plaasaanval by Vierfontein in die Vrystaat aangerand is, moeyt geopereer word vir skedelbreuk.
 
Sy seun, Casper, sê hulle is baie bekommerd oor sy toestand. Hy sou vanoggend ’n  operasie in die Life Anncron-kliniek in Klerksdorp ondergaan. Dit is uitgestel tot vanmiddag en toe weer tot môre-middag.
 
Twee jong mans het Swanepoel sr. en sy 80-jarige vrou, Baby, gistermiddag vroeg op hul en hul seun se plaas Sterkfontein, tussen Orkney en Bothaville, aangeval.
 
Casper sê sy ma is uit die intensiewesorgeenheid na ’n gewone saal oorgeplaas. Sy het ook kopbeserings. Dit gaan redelik goed met haar.
 
Die Swanepoel-egpaar is met die kolf van ’n gesteelde pistool geslaan.
 
Plaaswerkers het tot die egpaar se redding gekom en gekeer dat die aanvallers ’n voertuig steel. Boere het daarna een van die jong aanvallers, met ’n gesteelde pistool in sy besit, op ’n buurplaas vasgetrek.
 
Die polisie-soektog na die tweede aanvaller duur voort.

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.