On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Vierfontein-plaasaanval: Verdagte môre in hof

───   16:09 Tue, 22 Jul 2014

Dirk Kok
 
Klerksdorp - ’n Jong man van Lesotho sal môre in die landdroshof op Viljoenskroon verskyn weens die plaasaanval gister op die bejaarde Buks en Baby Swanepoel van Vierfontein.
 
Die 23-jarige man is deur boere vasgetrek kort nadat die Swanepoel-egpaar gistermiddag vroeg op hul en hul seun, Casper, se plaas Sterkfontein, tussen Orkney en Bothaville, aangeval is.
 
’n Gesteelde pistool waarmee die Swanepoel-egpaar glo erg geslaan is, is by die aanvaller gekry waar hy in ’n bos op ’n buurplaas geskuil het.
 
Die 81-jarige Buks Swanepoe moet as gevolg van erge skedelbreuk in die life Anncron-hospitaal in Klerksdorp ondergaan.
 
Sy 80-jarige vrou is in dieselfde hospitaal met kopbeserings.
 
’n Offisier van die Valke in Welkom, Gideon Mosia, is aangestel om die plaasaanval te ondersoek. Forensiese toetse word gedoen om vas te stel waar en wanneer die pistool gesteel is.
 
Die polisie-soektog na die tweede aanvaller duur voort. 
 
Intussen word die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, se uitlating in die parlement oor plaasaanvalle wyd verwelkom.
 
Nhleko het in antwoord op ’n vraag van die VF+ gesê daar is aan owerheidskant kommer oor plaasaanvalle en –moorde en dit is ’n prioriteit.
 
Landbou- en gemeenskapsorganisasies sê dit is vir hulle bemoedigend.
 
Een van die eerste boere gister op die Vierfontein-plaas waar die bejaarde Buks en Baby Swanepoel wreed deur aanvallers aangerand is, Kobus van der Westhuizen, sê Nhleko se uitlating word deur landbouers verwelkom.
 
Boere wag al lank hiervoor.

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.