On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Agbiz, Asuf maak alternatiewe grondplanne

───   16:31 Tue, 22 Jul 2014

Dirk Kok. _ Die landbousakekamer se voorsitter, Schalk Pienaar, sê Agbiz werk aan alternatiewe grondhervormingsplanne wat hy aan die regering gaan voorlê.
Dit is in reaksie op die omstrede grondhervormingsvoorstelle van grondsakeminister Gugile Nkwinti, onder meer dat boere die helfte van hul grond aan plaaswerkers moet afstaan.
Pienaar sê Agbiz gaan ook sy planne en inligting aan die eenheidsforum vir landbou, Asuf, en die primêre landbousektor beskikbaar stel vir eenvormige alternatiewe teen die regering se grondplanne.
Asuf, die sambreelliggaam vir georganiseerde landbou, het 'n taakgroep aangestel om 'n werkbare plan vir grondhervorming saam te stel.
Voorsitter Japie Grobler sê Asuf wil sy plan teen die einde van die jaar aan die regering oorhandig.
Banke en ander landbourolspelers het ook reeds laat blyk dat hulle, in reaksie op die Nkwinti-grondvoorstelle, ook alternatiewe gaan voorstel.

Podcasts

Schalk Pienaar:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.