On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

World News

Foto’s: Prins George se eerste verjaarsdag

───   06:35 Wed, 23 Jul 2014

Londen - Prins George van Engeland vier Dinsdag sy eerste verjaarsdag en sy ouers het 'n boodskap van waardering vir al die goeie wense met nuwe foto’s van George vrygestel.

Die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en sy vrou Catherine, het 'n privaatpartytjie by hul Kensington-paleis in Londen gehou.

Nuwe foto’s van die peuter, wat onlangs sy eerste paar treë gegee het, is ook vrygestel. Die foto’s is 'n paar weke gelede deur John Stillwell tydens die “Sensational Butterflies”-uitstalling by die Museum van Natuurgeskiedenis in Londen geneem.

“Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om almal te bedank vir die afgelope jaar, waar ons hulle ook al ontmoet het, tuis en oorsee, vir hul hartlike wense aan George en ons gesin,” het William en Kate gesê.

Volgens London Evening Standard-koerant het Kate self George se koek gebak.

George is op 22 Julie 2013 om 16:24 by die St. Mary’s-hospitaal gebore en het 3.8 kg geweeg.

'n Koninklike silwer £5-munt is spesiaal vir die geleentheid uitgereik.
 
Sapa 

More from World News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.