On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Vermeende Vierfontein-plaasaanvaller in streekhof verhoor

───   15:10 Wed, 23 Jul 2014

Vermeende Vierfontein-plaasaanvaller in streekhof verhoor | News Article
Dirk Kok
 
Vierfontein - Die 23-jarige Lesotho-burger wat weens die plaasaanval op die bejaarde Buks en Baby Swanepoel van Vierfontein vasgetrek is, gaan weens die erns van die aanklagte teen hom in die streekhof verhoor word. Tankiso Ernest Beleme het vanoggend vlugtig voor landdros Attie Barnard in die hof op Viljoenskroon verskyn.
 
Hy staan tereg op twee aanklagte van poging tot moord en op aanklagte van gewapende roof en die onwettige besit van ’n vuurwapen.
 
Beleme het nie om borgtog aansoek gedoen nie. Sy verhoor is tot 30 Julie uitgestel en sal later na die streekhof oorgeplaas word.
 
Die 81-jarige Buks, wat in Maandag se aanval op hom en sy 80-jarige vrou Baby, massiewe skedelbreuk opgedoen het, is in die intensiewesorgeenheid van die Life Anncron-kliniek in Klerksdorp.
 
Baby, wat ook kopbeserings opgedoen het, is in dieselfde hospitaal.
 
Die polisiesoektog na ’n tweede aanvaller duur voort.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.