On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Dr. Viljoen-gekombineerde skool skuldig aan haatspraak

───   OWEN OWEN 17:54 Wed, 23 Jul 2014

Owen Kock
 
Bloemfontein - Die SA Menseregtekommissie het die personeel van 'n Bloemfonteinse skool skuldig bevind aan haatspraak.
 
Die kommissie se Isaac Mangena sê die skoolhoof en personeel van Dr Viljoen-gekombineerde skool het hulself in Mei 2013 aan dié misdryf skuldig gemaak.
 
Leerders het aangevoer dat onderwysers hulle rassistiese en kleinerende name toegevoeg het. Die kinders het gevoel dat hulle ontmenslik is. Die kommissie het verskeie aanbevelings gemaak - onder meer dat die skool en die Vrystaatse onderwysdepartement prosedures moet ontwikkel wat rassisme sal teenwerk.
 
Vrystaat-onderwys se Howard Ndaba sê hulle sal nou na die aanbevelings van die kommissie kyk om die pad vorentoe te bepaal.
 
Ndaba sê die departement sal seker maak die aanbevelings word geïmplimenteer, maar hulle sal eers hul eie interne ondersoek voltooi. Hy sê hul ondersoek word gedoen omdat niemand na vore wou tree toe die bewerings aan die lig gekom het nie, en hulle hoop dat mense nou die vrymoedigheid sal hê om te praat.








More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.