On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

Taegrin Morris-ondersoek vorder goed

───   06:34 Thu, 24 Jul 2014

Johannesburg - Die polisiekommissaris, Riah Phiyega, sê die ondersoek na die moord op die vierjarige Taegrin Morris van Reigerpark aan die Oos-Rand vorder goed.
 
Morris is dood nadat hy vir kilometers langs sy ma se gekaapte voertuig gesleep is. Hy het in die veiligheidsgordel verstrengel geraak. Phiyega het die Morris-familie gister besoek.
 
Sy het ook met inwoners van Reigerpark gepraat. Hulle het haar vertel van hul kommer oor misdaad.
 
Volgens Phiyega se woordvoerder, Solomon Makgale, het die familie aan Phiyega gesê dat hulle die goeie werk van die polisie op prys stel.
 
Makgale sê die ondersoek is in 'n gevorderde stadium en 'n aankondiging kan binne die volgende paar dae gemaak word.
 
SAUK 

More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.