A Slice of Life
Die Glam Guru - Hoe wend mens blosser aan?─── 12:05 Fri, 05 Sep 2014
Alhoewel dit heel eenvoudig lyk om blosser aan te wend, is dit belangrik om te weet hoe, sodat jy dit nie oordoen nie. Gelukkig is ons eie Glam Guru, Hannon Bothma hier met 'n paar wenke spesiaal vir jou. Hy is mal oor blosser en gebruik dit as geheime wapen gedurende sy mooimaak sessies. Luister gerus na sy wenke in die podcast hier onder.
Hannon verduidelik dat blosser wat korrek aangewend is, jou nie net ’n gesonde gloed gee nie, maar ook help om jou gelaatstrekke te beklemtoon.Moet nooit 'n een kleur gebruik nie, meng eerder twee kleure om 'n te pienk of te rooi voorkoms te voorkom. Hier is 'n oulike blosser borsel wat jy aanlyn kan koop, net betyds vir lente!
Onthou Hannon wil graag jou mode of skoonheidsvrae beantwoord. Stuur vir hom 'n epos hannon@ofm.co.za Volgende week antwoord hy jou dalk! Tot dan, bly mooi!
Die Glam Guru - Hoe wend mens blosser aan?: