On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

A Slice of Life

Aardklop - "Die Seemeeu" gaan jou laat dink

───   12:54 Fri, 10 Oct 2014

Aardklop - "Die Seemeeu" gaan jou laat dink | News Article
’n Sterbelaaide rolverdeling in ’n nuwe verwerking van Anton Tsjechof se klassieke meesterstuk. Die temas is tydloos: ’n seun probeer sy ma beïndruk, iemand droom van roem, ander het versugtings om verledes te verander. Almal is onvergenoegd. Almal smag na liefde, na sukses, na vervulling.Luister na die podcast hier onder.
 
 
 
Die seemeeu verken emosie, kreatiwiteit en liefde met die presisie van ’n wetenskaplike, maar ook ’n passievolle digtershart. ’n Tragikomiese ode aan onvervulde liefde. Met Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Gerben Kamper, Alyzzander Fourie, Rolanda Marais, Martelize Kolver, Albert Pretorius, Geon Nel en Cintaine Schutte. Teks: Anton Tsjechof. Verwerking en vertaling: Saartjie Botha. Regie: Christiaan Olwagen. ’n Clover Aardklop-produksie. Première.
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.