On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

A Slice of Life

Aardklop - "God die digter" is ongelooflik

───   13:16 Fri, 10 Oct 2014

Aardklop - "God die digter" is ongelooflik | News Article
Dit was vir my 'n ongelooflike voorreg om Prof. T.T Cloete te ontmoet en met die bekroonde digter te gesels oor die produksie "God die digter". Hy vertel hoe die musikale bydraes van Babette Viljoen en Olga Leonard sy gedigte vir hom ook vernuwe het. Luister gerus na die gesprek hier onder.
 
 
 
 
’n Viering van T.T. Cloete se 90ste verjaarsdag. “Daar is meer poësie in die sneeuvlokkie en toktokkie, as in die letterkunde, want die aarde is deur ’n digter gemaak...” Die skeppingsverhaal word oorvertel met poësie en toonsettings van die bekroonde digter T.T. Cloete, wat op 90-jarige ouderdom self in ’n intieme atmosfeer sy gedigte voorlees. In dié eiesoortige produksie word musiek by die woord gevoeg deur musikante Babette Viljoen en Olga Leonard. Musiekregie: Lize Beekman. Kaartjies by Computicket.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.