On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

A Slice of Life

Mommy Matters - So verstaan jy jou baba, kleuter of tiener beter

───   13:15 Mon, 02 Mar 2015

Mommy Matters - So verstaan jy jou baba, kleuter of tiener beter | News Article

Die span van Evergreen Parenting deel vandag hul wenke om jou te help om jou kinders beter te verstaan. Ek het by die Vrystaatse fasiliteerder, Brenda Myburgh gaan aanklop. Sy verduidelik wat temperament is en hoekom dit help as jy meer van jou kind se temperament en persoonlikheid verstaan. Temperament is ons ingebore “bedrading” en ons gedagtes, emosies en gedrag is gebasseer op hierdie behoeftes van ons. Hierdie klassiefikasie word gebruik om jou as ouer te help en is nie daar om iemand mee te etiketteer nie, maar eerder om toerusting te bekom wat ons as ouers bemagtig om beter te verstaan en situasies met ons kleuters/tieners beter te kan hanteer.
 
 
 
 
Brenda is 'n ma van 3 seuns en vertel hoe dit haar lewe verander het toe sy elkeen se temperament beter verstaan. Luister gerus hier!
 
 
 Hier is van die hoof eienskappe/kenmerke van die 4 boom-tipes wat jou kind se temperament kan help identifiseer. Luister gerus ook na Brenda se wenke om met elk van die "bome" te werk in jou huis!
 
 
 
 
 
1. Palmboom
 
 
 
As Baba: Vrolik met helder ogies
As Kleuter: Vol verbeelding
Op Laerskool: Baie sosiaal
As Tiener: Eksperimenteer graag
Wat is jou “Palmboom” se grootste behoefte: Applous en die kollig
 
 
2. Roosboom
 
 
 
 
As Baba: Hulle “train” hulle ma, ma voel nie sy is in beheer nie
As Kleuter: Word hulle maklik kwaad
Op Laerskool: Uiters kompeterend
As Tiener: Baie rebels
Wat is jou “Roosboom” se grootste behoefte: Gee hulle verantwoordelikhede en beheer
 
3. Sierboom
 
 
 
As Baba: Maklik vol fiemies en het gereeld koliek
As Kleuter: Kla en kerm
Op Laerskool: Perfeksionisties
As Tiener: Baie emosioneel
Wat is jou “Sierboom” se grootste behoefte: Dat jy as ouer begrip sal toon vir hulle intense emosies.
 
4. Denneboom
 
 
 
As Baba: Maklik en stil
As Kleuter: Stadiger as ander kleuters
Op Laerskool: Eerder ‘n toeskouertjie as deelnemer
As Tiener: Uiters passief
Wat is jou “Denneboom” se grootste behoefte: Aanmoediging sonder kritiek
 
 
Die bogenoemde eienskappe is slegs riglyne en jou kind is dalk ‘n kombinasie van twee of meer bome. Vir meer inligting oor jou kind en hulpmiddels of kursusse in jou omgewing, kontak gerus die span by Evergreen Parenting/Immergroen Ouerskap besoek gerus www.evergreenparenting.co.za of kontak brenda.myburgh@gmail.com Tel 076 417 2999

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.