On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

A Slice of Life

Mommy Matters - Is huiswerk moeilik vir jou kind? Die kenners het raad!

───   13:15 Mon, 16 Mar 2015

Mommy Matters - Is huiswerk moeilik vir jou kind? Die kenners het raad! | News Article
 
Ek ontvang gereeld eposse van ouers wat voel hul kinders se huiswerk kry hulle onder. Ek het by die kenners gaan aanklop. Hanlie Degenaar is 'n Spraak-taalterapeut by die Instituut vir Sielkunde en Welstand by die NWU Potchefstroom kampus. Hier is wat ek by haar wou weet: Hoekom is huiswerk so belangrik en hoe stel mens grense as dit kom by huiswerk? Hoe leer mens om geduldig te wees gedurende huiswerk tyd en wanneer het mens professionele hulp nodig? Luister gerus hier!
 
 
 
 
 
 
In deel 2 van "Hulp met huiswerk" gesels ek steeds met Hanlie Degenaar 'n Spraak-taalterapeut by die Instituut vir Sielkunde en Welstand by die NWU Potchefstroom kampus. Hier deel sy 'n paar riglyne as jou kind met huiswerk sukkel en hoe jy meer kreatief kan wees as dit kom by huiswerk. Luister gerus hier na haar raad.
 
Het jy 'n vraag vir die kenners: stuur dit gerus aan yolanda@ofm.co.za Ek soek die antwoorde namens jou in "Mommy Matters"

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.