On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Africa News

Al-Shabab aanvaar aanspreeklikheid vir Keniaanse aanval waartydens 49 sterf

───   10:04 Tue, 17 Jun 2014

Al-Shabab aanvaar aanspreeklikheid vir Keniaanse aanval waartydens 49 sterf | News Article
Mpeketoni - Die al-Shabab-rebellegroep in Somalië, wat bande met Al-Kaïda het, het aanspreeklikheid aanvaar vir die aanval op 'n Keniaanse kusdorp. Nege-en-veertig mense is in die aanval dood.
Die groep het toeriste en buitelanders gewaarsku om uit Kenia weg te bly.
 
Hul sê in 'n verklaring dat die aanval uitgevoer is weens, wat hulle noem, die Keniaanse regering se ongenaakbare onderdrukking van Moslems.
 
Amerika het intussen die aanval skerp veroordeel.
 
Ambassade personeel in Nairobi se bewegings word beperk uit vrees vir hul veiligheid.
 
Die aanval op Mpeketoni naby die toeriste-oord Lamu, was die ergste aanval in Kenia sedert die beleg van die Westgate winkelsentrum in Nairobi in September verlede jaar.
 
BBC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.