On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Africa News

Nóg 'n terreuraanval in Kenia

───   10:31 Tue, 17 Jun 2014

Nóg 'n terreuraanval in Kenia | News Article
Poromoko - Daar was nog 'n terreuraanval in Kenia waartydens minstens agt mense dood is.
Die aanval op Poromoko volg op Saterdag se aanval op Mpeketoni, waarin 49 mense dood is.
 
Die Rooikruis in Kenia sê die dodetal staan op agt, maar die Islamitiese militante groep, al-Shabab beweer dat minstens 20 mense, meestal polisielede, in die aanval omgekom het.
 
Al-Shabab het ook verantwoordelikheid vir die naweek se aanval aanvaar.
 
Hulle het toeriste en buitelanders gewaarsku om uit Kenia weg te bly.
 
Hulle sê in 'n verklaring dat die aanval uitgevoer is weens, wat hulle noem, die Keniaanse regering se onderdrukking van Moslems.
 
BBC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.