On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Africa News

SAL-loods laat klere vlieg op Harare-lughawe

───   17:12 Wed, 02 Jul 2014

SAL-loods laat klere vlieg op Harare-lughawe | News Article
Harare - 'n SAL-loods is gearresteer toe hy kapsie gemaak het teen veiligheidsprosedures by die Harare Internasionale Lughawe.
The Herald berig dat Kaptein Wouter Bouderwyn Van Ginkel glo sy klere tot by sy onderklere afgestroop het nadat hy deur sekuriteitswagte gevra is om sy gordel af te haal. Hy het net daar by die sekuriteitsdeursoekpunt sy klere laat waai.
 
Hy is toe vir openbare onsedelikheid gearresteer. 
 
Van Ginkel het volgens die dagblad 'n afkoopboete betaal, maar kon daarna, volgens lugvaartregulasies nie as vlugkaptein diens doen nie.
 
Die betrokke vlug is vyf ure vertraag.
 
Die SAL kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.
 
Sapa





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.