On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Africa News

VN skenk geld vir Ebola-bekamping aan DRK

───   08:55 Thu, 28 Aug 2014

VN skenk geld vir Ebola-bekamping aan DRK | News Article

Kinshasa - Die Verenigde Nasies het $1.5 miljoen, of amper R16 miljoen aan die Demokratiese Republiek van die Kongo beskikbaar gestel vir die bekamping van Ebola, net enkele dae nadat die land sy eerste geval hierdie jaar bevestig het.

 Die VN se missie in die Afrikaland sê die som geld kan selfs in die nabye toekoms verdubbel. Die geld is geneem uit 'n fonds wat daarop gemik is om humanitêre behoeftes regoor die wêreld te bevredig.
Kinshasa het Sondag twee gevalle van Ebola in die land bevestig. Intussen het die dodetal vir epidemie, wat reeds Guinea, Liberië, Sierra Leone en Nigerië getref het, tot 1 427 gestyg.
 
BBC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.