On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

R6 miljoen geëis vir Down's sindroom-kind

───   09:15 Fri, 29 Aug 2014

R6 miljoen geëis vir Down's sindroom-kind | News Article

Kaapstad - 'n Ma van Kaapstad het gister in die Grondwetlike Hof skadevergoeding van minstens R6 miljoen van die Fetale Assesseringsentrum in Claremont geëis vir die "wederregtelike lyding" van haar kind, wat met Down's sindroom gebore is.

Die eis hou verband met die feit dat die sentrum nagelaat het om vas te stel dat haar kind 'n baie hoë risiko gehad het om met Down's sindroom gebore te word.
Die ma, wie se identiteit nie bekendgemaak kan word nie ten einde die kind se identiteit te beskerm, sê sy sou waarskynlik die baba geaborteer het indien sy van die ernstigheid van die risiko vir Down's sindroom ingelig is.
 
Die Hooggeregshof in Kaapstad het vroeër vandeesmaand die ma se aansoek van die hand gewys. Uitspraak is voorbehou.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.