On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Man jaag glo om enjin te toets

───   07:08 Mon, 01 Sep 2014

Man jaag glo om enjin te toets | News Article

Johannesburg - 'n 36-jarige man is Sondag op die N1 naby Midrand vir 'n spoedoortreding in hegtenis geneem.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die man is omstreeks 2:00 Sondagoggend in hegtenis geneem nadat hy teen 224km/h gery het in 'n Audi Q5.
 
“Hy het aan beamptes gesê dat hy 'n motorwerktuigkundige is en dat hy die motor se enjin getoets het.”

Minnaar sê die man het borgtog van 'n R1 000 betaal en sal binnekort in die Randburg-landdroshof verskyn.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.