On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

Solidariteit sal regstellende aksie op internasionale vlak beveg

───   14:34 Tue, 02 Sep 2014

Solidariteit sal regstellende aksie op internasionale vlak beveg | News Article

Johannesburg - Solidariteit sal internasionale forums nader in hul stryd teen regstellende aksie.

Dit, volgens die vakbond se Dirk Hermann, nadat die grondwethof vandag ‘n beslissing teen hulle gemaak het.
 
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is verlof tot appèl toegestaan teen 'n vroeëre appèlhofbeslissing dat die polisie teen die bevordering van ‘n lid gediskrimineer het, weens die kleur van haar vel.
 
Renate Barnard was vir nege jaar in ‘n regstryd met die SAPD gewikkel nadat sy bevordering tot die rang van luitenant-kolonel geweier is.
 
Hermann sê hulle sal die Verenigde Nasies en ander internasionale arbeidsorganisasies nader, omdat die interne remedies in die land se regstelsel uitgeput is.
 
Hy sê vandag se beslissing was ‘n terugslag en hulle het dit nie verwag nie.

Duane Petrus/OFM-nuus



Podcasts

Dirk Hermann:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.