On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Africa News

2 288 ebola-sterftes; helfte van sterftes afgelope paar dae

───   08:43 Wed, 10 Sep 2014

2 288 ebola-sterftes; helfte van sterftes afgelope paar dae | News Article

Kaapstad - Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Dinsdag gesê die ebola-virus het reeds bykans 2 300 lewens geëis, en nagenoeg die helfte van dié sterftes het in minder as ? maand plaasgevind.

Teen 6 September het 2 288 mense uit 4 269 gevalle reeds in Guinee, Sierra Leone en Liberië gesterf, het die VN se gesondheidsagentskap gesê. Altesaam 47% van sterftes en 49% van die gevalle is die afgelope 21 dae aangemeld.

Die lande wat die swaarste onder die uitbreking gebuk gaan, is van die wêreld se armste en vervalle mediese infrastruktuur gaan gebuk onder die druk. Liberië word die ergste hierdeur geraak en 1 224 sterftes is reeds in dié land aangemeld, waarvan 62% sedert middel Augustus.

Die WGO het Maandag gewaarsku dat Liberië moontlik “duisende” nuwe gevalle binne die volgende drie weke sal aanmeld.

Guinee het reeds 555 sterftes aangemeld en 509 sterfgevalle is in Sierra Leone aangemeld. Agt mense het in Nigerië gesterf en een geval is in Senegal aangemeld.

Die DRK stry intussen teen 'n ander stam van die ebola-virus. Altesaam 32 mense is reeds dood en 59 gevalle van besmetting is aangemeld.

Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.