On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Africa News

Lesotho parlement nie heropen voor generaal beheer oorgee

───   17:00 Sat, 13 Sep 2014

Lesotho parlement nie heropen voor generaal beheer oorgee | News Article
Maseru - Die eerste minister van Lesotho, Tom Thabane en sy party, die All Basotho Convention, asook die Basotho National Party het volgens berigte laat weet dié land se parlement kan nie heropen word voor die voormalige leier van die weermag, Tlali Kamoli, beheer oorgee nie.
 
Die twee partye het Kamoli daarvan beskuldig dat hy tweespalt in die weermag veroorsaak.
 
Kamoli sit blykbaar agter die onlangse mislukte staatsgreep.
 
Die hoof opposisie party, die Democratic Congress, verwerp egter berigte van sekuriteitsprobleme in die land.
 
'n SAOG-troika sal Maandag oor die parlementêre kwessie beraadslaag nadat die partye nie daarin kon slaag om teen gister se spertyd met 'n oplossing vorendag te kom nie.
 
- SAUK/Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.