On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Africa News

WGO kort $1 miljard om ebola te stop

───   07:24 Wed, 17 Sep 2014

WGO kort $1 miljard om ebola te stop | News Article
Die Wêreldgesondheidorganisasie het Dinsdag gewaarsku dat die aantal ebola-gevalle in Wes-Afrika elke drie weke kan verdubbel.

Die WGO het ook gesê die koste om die dodelike virus onder beheer te bring het, sedert dit in Maart geïdentifiseer is, tot ongeveer $1 miljard gestyg.

Die ongekende uitbreking het reeds die lewens van minstens 2 400 mense in Wes-Afrika geëis. Lande soos Liberië, Sierra Leone en Guinee het nog die meeste sterfgevalle aangemeld.

President Barack Obama het gister aangekondig dat Amerika 3 000 soldate sal stuur om hulp te verskaf aan die lande.

Joanne Liu, president van Dokters Sonder Grense het gesê baie meer lande gaan binnekort hulp moet verleen.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.