On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Africa News

Nigerië-ineenstorting: Meeste SA-slagoffers al uitgeken

───   07:16 Thu, 25 Sep 2014

Nigerië-ineenstorting: Meeste SA-slagoffers al uitgeken | News Article

Pretoria - Die proses om die liggame van die Suid-Afrikaners uit te ken wat gesterf het toe 'n gebou in Nigerië ineengestort het, duur voort.

“Dit is 'n tydrowende proses,” het Jeff Radebe, minister in die presidensie, aan verslaggewers in Pretoria gesê. Hy het gesê 62 van die 84 Suid-Afrikaners wat gesterf het, is reeds “met sekerheid” uitgeken.

Altesaam 115 persone is op 12 September dood toe 'n gebou van TB Joshua se Synagogue Church of All Nations in Nigerië ineengestort het. Altesaam 84 van die slagoffers was Suid-Afrikaners.

Hy het gesê die regering sal alles in sy vermoë doen om die liggame van die afgestorwenes veilig huis toe te bring, sodat die families berusting kan kry ná die tragedie.

Phumla Williams, uitvoerende hoof van die departement van kommunikasie, het in 'n verklaring gesê daar word van direkte uitkenning (waar 'n familielid die liggaam self in Lagos kan uitken), foto-identifikasie, vingerafdrukke, tandheelkundige afdrukke en DNS-monsters gebruik gemaak om die liggame te identifiseer.

Williams het ook gesê twee van die beseerde Suid-Afrikaners wat by die Steve Biko Akademiese Hospitaal opgeneem is nadat hulle Maandag in die land aangekom het, is steeds in 'n kritieke toestand. Ses van die beseerdes is ontslaan, waarvan twee op versoek van hul gesinne na privaathospitale oorgeplaas is.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.