On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Potch-fopdosser terug in hof

───   DANE BEISHEIM 10:49 Wed, 01 Oct 2014

Potch-fopdosser terug in hof | News Article

Potchefstroom - ’n Vier-en-twintig-jarige fopdosser sal na verwagting vandag in die Potchefstroomse landdroshof verskyn op aanklagte dat hy homself as ’n polisiebeampte voorgedoen het.

Die jong man het glo die polisie se taktiese reaksie-span in Potchefstroom genader en aangedring op polisiebegeleiding na ’n vergadering. Hy het voorgegee dat hy ’n vroulike generaal-majoor in die polisiediens is.
 
Daar is later ontdek dat hy vroeër in die Vrystaat op ’n soortgelyke klag in hegtenis geneem is.
 
Hy het ook na bewering homself voorgedoen as Lerato Mahlangu, die suster van wyle vryheidsvegter Solomon Mahlangu, en fondsinsamelings namens die Mahlangu-familie gedoen.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.