Local News
VS brandverenigings wil geld van regering vra─── 15:21 Wed, 01 Oct 2014
Bloemfontein - Wetgewing wat bepaal dit is 'n kriminele oortreding as munisipaliteite en ander staatsinstansies nie aan brandverenigings behoort nie, sal na verwagting volgende jaar ingestel word.
In die lig daarvan sê die Vrystaatse sambreel-brandvereniging se Tinus Steenkamp dat daar nou gepoog om geld van die regering te vra om dié verenigings te bestuur. Hy sê hy het vandeesweek 'n brief in dié verband aan die premier, Ace Magashule gestuur.
Volgens Steenkamp is 'n tekort aan geld 'n groot probleem vir die provinsie se 63 brandverenigings.
Hy sê private grondeienaars moet nou self opdok om brande op hul plase te bestry.
Owen Kock/OFM-nuus