On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Africa News

Zambiese president sterf in Londen

───   09:31 Wed, 29 Oct 2014

Zambiese president sterf in Londen | News Article

Londen - Die president van Zambië, 77-jarige Michael Sata, is gisteraand in Londen oorlede waar hy mediese behandeling ontvang het.

 Zambiese owerhede het nog nie sy dood bevestig nie. Die onafhanklike Zambia Reports het verskeie bronne aangehaal wat Sata se dood bevestig het, terwyl die Zambian Watchdog-webwerf beweer dat hulle 100% bevestiging het dat die president oorlede is.
 
Sata was lank ernstig siek en is nog nie weer in die openbaar gesien ná hy verlede maand van die VN se algemene vergadering teruggekeer het nie. Hy moes 'n toespraak tydens vergadering lewer, maar dit is gekanselleer.
 
Hy het verlede week Londen toe gevlieg vir behandeling.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.