On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Africa News

Ondersoek ná twee in sweeftuig sterf

───   06:36 Wed, 03 Dec 2014

Ondersoek ná twee in sweeftuig sterf | News Article

Windheok - 'n Ondersoek is van stapel gestuur nadat twee Nieu-Seelanders in Namibië tydens 'n sweeftuigongeluk gesterf het.

“Die ondersoek deur die departement van burgerlike lugvaart in die ministerie van vervoer en die polisie duur voort,” het Bernd Dolba van Kiripotib Flying, 'n gastehuis wat in sweeftuigtoerisme spesialiseer, aan Sapa gesê.
 
“Die oorsaak van die ongeluk is nog steeds nie bekend nie.”
 
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat een van die vlerke afgebreek het.
 
William (Bill) Walker (66) van Queenstown en David Speight (77) van Arrowtown in Nieu-Seeland het Sondagmiddag in 'n sweeftuig ASH-25-EB-28 gevlieg wat in Duitsland geregistreer is.
 
Die ongeluk het op die plaas Neu Simmern, sowat 220 km suidoos van Windhoek en ongeveer 50 km van die plaas Kiripotib, waar Kiripotib Flying gebaseer is, plaasgevind.
 
“Die twee vlieëniers was baie ervare en die vliegtuig was in 'n uitstekende toestand. Die weer was ook mooi,” het Dolba bygevoeg.
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.