On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Africa News

Lesotho kry vandag 700 ton mieliemeel

───   14:49 Wed, 14 Jan 2015

Lesotho kry vandag 700 ton mieliemeel | News Article

Maseru - ’n Konvooi met ’n besending van 700 ton mieliemeel word vandag deur die regering en die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram na die hongergeteisterde Lesotho gebring.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking se Clayson Monyela sê hierdie meel is die laaste aflewering van meer as 20 000 ton graan wat Suid-Afrika vir hulpverlening aan Lesotho geskenk het. Met hierdie mieliemeel sal meer as 27 000 kinders in Lesotho vir ’n jaar lank by skole kos gegee word.
 
Suid-Afrika het vroeër R180 miljoen aan die WVP geskenk en daarmee reeds meer as ’n kwartmiljoen vroue en kinders in Lesotho help voed.
 
Monyela sê die WVP het R21 miljoen gebruik om meer as 4 300 ton hulpgraan by opkomende boere in Suid-Afrika te koop.
 
Dit is die eerste keer wat die WFP graan by Suid-Afrika se opkomende boere koop.
 
Altesaam 16 000 ton graan is van kommersiële handelaars gekoop.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.