On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

Berig: Polisielede blykbaar betrokke by Soweto plundertogte

───   10:56 Sun, 25 Jan 2015

Berig: Polisielede blykbaar betrokke by Soweto plundertogte | News Article

Soweto - Polisielede was volgens berigte betrokke by plundery wat vandeesweek in Soweto en omliggende gebiede voorgekom het.

City Press berig dat ongeveer 120 winkels wat aan buitelanders behoort sedert Maandag in Soweto en Kagiso geplunder is.
 
Buitelanders, inwoners en diegene wat betrokke was by die plundery het aan die koerant vertel dat sommige polisielede goedere gesteel het of plunderaars gehelp het.
 
Een van die winkeleienaars beweer ook dat polisielede buitelanders toegesnou het om die land te verlaat. Meer as 170 verdagtes is sedert die geweld uitgebreek het, in hegtenis geneem.
 
Geweld het Maandag in Soweto uitgebreek nadat 'n 14-jarige seun na bewering deur 'n buitelandse winkeleienaar met 'n onwettige vuurwapen doodgeskiet is.
 
Die Gautengse premier, David Makhura het ontwortelde buitelanders wat deur geweld en plundery uit Soweto en ander townships gedryf is, die versekering gegee dat daar aan 'n herintegrasie-plan gewerk sal word.
 
City Press/Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.