On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Africa News

Kwarteindrondte-kopseer vir Afcon-organiseerders

───   14:21 Mon, 26 Jan 2015

Kwarteindrondte-kopseer vir Afcon-organiseerders | News Article

Ebibeyin - Ekwatoriaal-Guinee se vordering na die kwarteindrondte van die Afrikabeker het 'n potensiële veiligheidsitusie vir die plaaslike organiseerders geskep.

Die gashere het Gaboen gister 2-0 geklop om tweede in Groep A te eindig. Die span sal nou in 'n kwarteindronde-wedstryd teen die wenner van Groep B Saterdag in Ebibeyin te staan kom, maar daar heers kommer dat die nuutgeboude 5 000-sitplek stadion te klein sal wees vir die reuse skare wat verwag word. Daar was reeds gedurende die toernooi voorvalle waar toeskouers deur heinings gebree het met polisie wat sukkel om die skare onder beheer te hou. Die mees logiese oplossing sou wees om die wedstryd na 'n groter arena te verskuif, maar dit sou 'n ongewone besluit wees. BBC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.