On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Africa News

Toeriste sien hoe krokodille mens vreet

───   10:50 Sat, 14 Mar 2015

Toeriste sien hoe krokodille mens vreet | News Article

Harare - 'n Groep toeriste by die Zambezirivier het groot geskrik toe hulle gesien het hoe krokodille 'n mens vreet.

Trevor Lane, 'n natuurbewaarder van die Bhejane Trust in Zimbabwe, het Vrydag gesê die krokodille het die “onderste gedeelte van 'n mens” gevreet. Die slagoffer was vermoedelik 'n ivoorstroper.
 
“Die toeriste was op 'n sonsondergangvaart,” het Lane gesê. Die toeriste van Engeland het in Februarie by 'n kamp in die Siansimba-gebied in Zambië gebly. Hulle het op die Zambezirivier, op die grens tussen Zambië en Zimbabwe, gevaar.
 
Die besoekers en hul toergids het gesien die krokodille vreet iets in die rivier. Toe hulle naderkom, het hulle gesien dit is 'n man se liggaam.
 
“Ons vermoed dit was 'n stroper,” het Lane gesê. Hulle het glo twee dae vantevore 'n klopjag in die gebied uitgevoer om 'n groep stropers, wat glo die grens van Zambië oorgesteek het, aan te keer. “Daar was 13 stropers. Een is op die toneel dood. Plaaslike intelligensie het getoon dat slegs nege weer die rivier oorgesteek het. Drie van die persone is nog nie gevind nie. Dit is moontlik dat hy beseer is en toe probeer het om die rivier oor te steek.”
 
Die toeriste het dadelik die voorval by owerhede in Zambië aangemeld toe hulle van die vaart teruggekeer het, maar beamptes kon later nie enige oorskot op die toneel vind nie.
 
Die Bhejane Trust is bedrywig in Zimbabwe se Zambezi- en Hwangwe nasionale parke.
 
Krokodilaanvalle is nie ongewoon in Zimbabwe nie. Volgens plaaslike mediaberigte is drie kinders reeds vanjaar doodgebyt.
 
Die Manica Post het Vrydag berig 'n groot krokodil van die Mazonwerivier in Burma Valley in die ooste van Zimbabwe is uiteindelik vandeesweek deur natuurbewaarders doodgeskiet. Volgens die koerant het die krokodil sedert die middel van 2014 reeds 10 persone doodgebyt.
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.