On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Africa News

160 rondloperhonde in Bulawayo doodgeskiet

───   05:53 Thu, 19 Mar 2015

160 rondloperhonde in Bulawayo doodgeskiet | News Article

Bulawayo - Altesaam 160 rondloperhonde is in Bulawayo doodgeskiet in 'n poging om die verspreiding van hondsdolheid te voorkom.

Owerhede in Zimbabwe is besig met 'n veldtog, “Operation Tie Up Order”, ondanks 'n hewige reaksie van dierebeskermingsaktiviste.
 
“Ons het reeds 160 honde van kant gemaak en hoop om nog rondloperhonde dood te skiet,” het Edwin Sibanda, senior gesondheidsbeampte in die Bulawayo-stadsraad, aan die Chronicle-koerant gesê.
 
“Ons het die veldtog tydelik opgeskort weens 'n tekort aan patrone, maar ons het weer ons werk hervant. Ons besef dat ons nou net 'n paar rondloperhonde in die stad het, en dit is goed.”
 
Aktiviste het veral die gebruik van vuurwapens om die hondeprobleem op te los, veroordeel. Hulle het gesê die honde moet gevang word en dan medisinaal van kant gemaak word. Hulle het bygevoeg dit is 'n gevaar vir die inwoners om net vuurwapens in die openbaar te gebruik.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.