On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Gesondheidswerkers gaan staat dagvaar

───   08:39 Tue, 31 Mar 2015

Gesondheidswerkers gaan staat dagvaar | News Article

Bloemfontein - Die 129 gesondheidswerkers, wat in hegtenis geneem is terwyl hulle teen hul afdanking deur die Vrystaatse departement van gesondheid betoog het, gaan die Staat dagvaar vir kwaadwillige vervolging.

Mark Heywood, a direkteur van Section27 – 'n openbare belang-regssentrum – verteenwoordig die werkers.
 
Hulle is in Julie verlede jaar in hegtenis geneem in verband met die hou van ‘n onwettige byeenkoms. Die werkers het gister weer in die Bloemfonteinse streekhof verskyn.
 
Heywood sê hulle het 'n voorlegging aan die Nasionale Vervolgingsgesag gedoen waarin aangevoer word dat hul samekoms vreedsaam was, maar dit is van die hand gewys.

Die werkers het gisteroggend vanaf Pelonomi-hospitaal tot by die hofgebou betoog. Hulle het ook verskeie pleitooreenkomste van die hand gewys.

Cathy Dlodlo/OFM-nuus

Podcasts

Mark Heywood:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.