On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Vier rowers nog op vrye voet na Senekal-plaasaanval

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:42 Tue, 31 Mar 2015

Vier rowers nog op vrye voet na Senekal-plaasaanval | News Article

Senekal - Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met die aanval op ‘n bejaarde egpaar op hul plaas naby Senekal in die Vrystaat verlede week nie.

Vrystaatse polisiewoordvoerder, Phumelelo Dhlamini, vra enigeen wat inligting het oor vier mans wat gesoek word om hul naaste polisiekantoor te bel.
 
Dries Stemmet en sy vrou Fransie is verlede Woensdagaand in hul slaapkamer deur die rowers oorval. Hulle het ‘n sementblok deur die egpaar se slaapkamerruit gegooi. Dries is met ‘n stuk sementblok teen die kop geslaan. Hy het sy bewyssyn verloor waarna hulle hom vasgemaak het. Fransie is ook vasgemaak.
 
‘n Onbekende bedrag geld, ses vuurwapens en selfone is geroof. Een van die wapens is later in die veld gevind. 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.