On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Africa News

Leeu verskeur Zim-boerseun

───   09:34 Thu, 23 Apr 2015

Leeu verskeur Zim-boerseun | News Article

Harare - 'n 14-jarige seun, wat na die gesin se gewasse omgesien het, is dood nadat 'n leeu hom in die noord-ooste van Zimbabwe aangeval en verskeur het.

Die seun, wie se naam nie bekend gemaak is nie, is glo vroeg Maandagoggend in Mariga aangeval, naby die grens tussen Zimbabwe en Zambië en Mosambiek.
 
“Hulle het in die veld naby die mielieveld gelê en slaap om die gewasse teen renosters, olifante en buffels te beskerm,” het Peter Enock Chapoto, die plaaslike stamhoof, aan die amptelike Herald-koerant gesê. “Gewoonlik bou ons 'n toring sodat die persone wat in die veld slaap, hoog kan lê en slaap, Maar die seun was saam met sy oom en hulle het besluit om op die grond te slaap. Die leeu het gekom, hom aangeval en weggesleep.”
 
Volgens Chapoto is net die kind se kop gevind.
 
'n Agentskap van die Verenigde Nasies het in 2010 tente en ander toerusting aan 100 families gebied wat haweloos gelaat is nadat vyf leeus van die Dande- en Chewore-reservate vier mense in dieselfde distrik aangeval en gedood het.
-News24.com

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.