On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Africa News

Internasionale Strafhof vra Al-Bashir se inhegtenisname

───   08:52 Sun, 14 Jun 2015

Internasionale Strafhof vra Al-Bashir se inhegtenisname | News Article

Johannesburg - Die Internasionale Strafhof het 'n beroep op Suid-Afrika gedoen om die Soedannese president, Omar al-Bashir in hegtenis te neem.

Die SAUK berig Al-Bashir het gister in die land aangekom om die Afrika Unie se beraad van staatshoofde by te woon.
 
Die Strafhof het al twee lasbriewe uitgereik vir al-Bashir se inhegtenisneming op aanklagte van oorlogmisdade en misdade teen die mensdom.
 
As ondertekenaar van die Statuut van Rome, is Suid-Afrika tegnies verplig om hom aan die Internasionale Strafhof oor te gee.
 
Volgens berigte is al-Bashir egter deur Suid-Afrikaanse amptenare en diplomate by die lughawe verwelkom.
 
Die Strafhof vra in 'n verklaring die Suid-Afrikaanse regering om sy verspligtinge na te kom en met die hof saam te werk.
 
SAUK

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.