On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Africa News

SAOG-kommissie lede ingesweer vandag

───   10:52 Mon, 10 Aug 2015

SAOG-kommissie lede ingesweer vandag | News Article

Maseru - Lede van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Kommissie van Ondersoek na die veiligheidsituasie in Lesotho, word vandag in Maseru ingesweer.

Die SAUK berig die kommissie bestaan uit dertien lede en staan onder voorsitterskap van 'n regter van Botswana. Die SAOG het die kommissie verlede maand in die lewe geroep om die dood van 'n voormalige leërbevelvoerder, Maaparankoe Mahao te ondersoek.

Mahao is vroeër vanjaar deur soldate by 'n padblokkade doodgeskiet.

Intusen het burgers van Lesotho in Suid-Afrika het weer gevra dat die grens tussen die twee lande geskrap moet word.

Die groep wat hom die die vrye beweging tussen die lande beywer het 'n oproep gedoen dat Lesotho by Suid-Afrika ingelyf moet word.

Hulle vra ook vir die implementering van die SAOG se vrye handel-gebied en die organisasie se ooreenkoms oor vrye beweging.

SAUK

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.