On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Babbelgum vir die Siel

Wat is 'n Ma ...

───   08:34 Sun, 12 May 2013

Wat is 'n Ma ... | News Article
'n Ma is iemand wat jou altyd lief het
Sy is die een wat altyd na jou sal oplet
Haar hande is altyd sag, al werk sy hoe hard
Sy voel jou pyn, sy ken jou smart

Haar glimlag so sag, haar trane so stil
‘n Ma ken altyd haar kind se huil
Sy ken jou geheime nog voordat jy dit sê
En is altyd bereid om te gee wat jy wil hê

Vir haar kind sal ‘n Ma alles doen
Van klere koop tot voete soen
‘n Ma se hart is altyd rein
Maar sy verduur tog soveel pyn

‘n Ma is vriendelik, maar sy raak tog kwaai
Veral wanneer kinders in die dorp lawaai
‘n Ma is liefde, sy is jou vriendin
‘n Ma is die een wat weet wat jy verdien

Sy is ‘n Ma, maar sy bly wie sy is
Die een wat sorg vir wie haar kinders is!

Gelukkig Moedersdag aan al die Mamma's!

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.