On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Babbelgum vir die Siel

Broccoli Spinasie Frittata met Gekarameliseerde uie

───   08:34 Sat, 26 Jul 2014

Broccoli Spinasie Frittata met Gekarameliseerde uie | News Article
 
 
Bestanddele:
 
4 koppies broccoliboompies, gebreek en gekap
4 koppies babaspinasie, gewas en grofgekap
1 klein uitjie, gekap
4 knoffelhuisies, gemaal
2 eetlepels botter of klapperolie
¼ teelepel gedroogde origanum
¼ teelepel sout
6-8 eiers, geklits (6 eiers vir 4 persone, of 8 indien jy ‘n dikker frittata verkies)

Metode:
 
Voorverhit oond tot 180 ºC. Stoom broccoli vir ongeveer 5 minute, verwyder van hitte, spoel met koue water af en sit eenkant, Soteer uie in die botter of klapperolie, voeg knoffel by en braai verder. Voeg spinasie en ‘n knippie sout by en kook tot spinasie gaar is (ongeveer 3 tot 4 minute). Voeg broccoli, origanum en die res van die sout by. Meng als goed deur en verwyder van hitte. Voeg die geklitsde eiers bo-op die groente en skud pan liggies sodat die eiermengsel goed deurtrek. Bak totdat die eier gaar is.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.