On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Babbelgum vir die Siel

Vinnige groentetert

───   08:22 Sat, 23 Aug 2014

Vinnige groentetert | News Article
Bestanddele:

1 blik (± 400 g) mieliepitte, gedreineer
500 g groente (soos murgpampoentjies, sampioene, soetrissies, 'patti-pans', uie)
3 repies spek of chorizo worsies
250 ml gerasperde kaas
2 eiers, effens geklits
Sout en swartpeper na smaak
60 ml sonneblomolie
60 ml melk
‘n Knippie paprika

Metode:


Voorverhit die oond op 180°C. Rasper murgpampoentjies en 'patti-pans’. Snipper soetrissies, sampioene, uie, spek/chorizo. Braai soetrissies, sampioene, uie & spek/chorizo tot amper gaar. Meng mieliepitte, gerasperde murgpampoentjies & 'patti-pans', gebraaide groente en kaas saam. Skep in muffinpanne of ‘n tertbak. Klits eiers, melk, olie, sout & peper saam en gooi oor groente. Sprinkel paprika oor. Bak vir 30 minute by180 ºC.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.