On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Babbelgum vir die Siel

Chicken Soup for a Sunday

───   08:22 Sun, 21 Sep 2014

Chicken Soup for a Sunday | News Article
Miskien moet ons soms eers ’n paar verkeerde mense ontmoet voordat ons die regte een ontmoet sodat wanneer ons die regte een ontmoet, sal ons weet om dankbaar te wees vir die geskenk. Wanneer die deur van geluk vir ons toeklap, maak ’n ander een oop, maar soms kyk ons so lank na die toe deur, dat ons nie die een sien wat oopgegaan het nie. Die beste vriend wat jy kan hê, is die een met wie jy saam op die tuinbankie kan sit sonder om ’n woord te praat, op te staan en weg te stap en te voel dit was die beste gesprek wat jy nog gehad het. Dit is waar dat ons nie weet wat ons gehad het totdat ons dit verloor het nie, maar dis ook waar dat ons nie weet wat ons gemis het totdat dit arriveer nie.
Om iemand al jou liefde te gee is geen waarborg dat hulle jou terug sal liefhê nie! Moet nie liefde in ruil terug verwag nie; wag geduldig tot dit in hul harte groei, maar as dit nie groei nie, wees tevrede dat dit wel in jou hart gegroei het. Dit neem slegs ’n minuut om op iemand verlief te raak, ’n uur om van iemand te hou, ’n dag om iemand lief te kry maar dit vat ’n leeftyd om iemand te vergeet. Daar is oomblikke in die lewe wanneer jy iemand so baie mis dat jy voel jy kan hulle sommer uit jou gedagtes pluk en hulle ’n regte drukkie gee. Plaas jouself altyd in iemand anders se skoene. As jy voel dat dit seer maak is dit waarskynlik dat die ander persoon ook daardeur seergemaak word. Liefde begin met ’n glimlag, groei met ’n soen en eindig met ’n traan. Die blinkste toekoms word altyd baseer op ’n vergete verlede. Jy kan nie vorentoe gaan in die lewe totdat jy losgeraak het van jou mislukkings en hartseer wat in die verlede lê nie. Moenie gaan vir skoonheid nie, die kan jou mislei. Moenie gaan vir rykdom nie, die kan vergaan. Gaan vir iemand wat jou laat lag, want dit neem net ’n glimlag om ’n donker dag op te vrolik. Vind iemand wat jou in jou hart kan laat glimlag. Die gelukkigste mense is nie noodwendig die wat die beste van alles het nie; hulle maak slegs die beste van wat oor hulle pad kom. Om oud te word, is onafwendbaar, om groot te word, is opsioneel. Wees meer bekommerd oor jou karakter as oor jou reputasie, omdat jou karakter getuig van wie jy is, terwyl jou reputasie slegs die persepsie is van wie ander dink jy is. Toe jy gebore is, het jy gehuil en almal om jou het geglimlag. Leef jou lewe so dat wanneer jy sterf, jy die een sal wees wat glimlag en die om jou die is wat huil.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.