On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Babbelgum vir die Siel

7de Hemel Koek

───   08:37 Sat, 13 Dec 2014

7de Hemel Koek | News Article
 
 
Benodig:

Koek:

375 ml bruismeel
125 ml kakao
187 ml kookolie
187 ml melk
375 ml strooisuiker
1 ml sout
5 groot eiers (geskei)
5 ml bakpoeier

Stroop:
250 ml warm water
1 teelepel brandewyngeursel
125 ml wit suiker
5 ml vanieljegeursel

Versiersel:
1 blik karamel kondensmelk
1 boksie orley whip room
1 flake

Metode:
Sif die droë bestanddele van die koek benodighede (behalwe die strooisuiker) saam. Klits olie, melk en strooisuiker saam. Klits eiergele en meng met melkmengsel. Voeg meelmengsel by melkmengsel. Voeg styf geklopte eierwitte by. Meng goed en skep in voorbereide oondbak, bak teen 180 ºC vir 20 tot 25 minute. Terwyl die koek bak, kook alle stroop bestanddele in 'n kastrol, tot suiker oplos. Sodra koek gaar is, druk vol gaatjies met vurk en gooi stroop oor. Klits room en karamel styf. Versier afgekoelde koek daarmee. Breek die flake oor die versiersel!

Bron: www.facebook.com/pages/Harts-Gevoel

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.