On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Babbelgum vir die Siel

Sjokoladetert

───   08:26 Sat, 20 Dec 2014

Sjokoladetert | News Article
 
 
Bestanddele:

200 g Tennisbeskuitjies, fyngemaak
125 g botter, gesmelt
2 x 397 g blikkies kondensmelk
300 g donkersjokolade, gekap
Gemengde bessies, geklopte room of vanieljeroomys, vir opdiening

Metode:


Meng die fyngemaakte beskuitjies met die gesmelte botter. Druk die mengsel in ’n 28 cm-tertbak vas en plaas in die yskas. Gooi die kondensmelk in ’n kastrol en laat 3 minute lank oor matige hitte kook terwyl dit aanhoudend geroer word. Verwyder die kastrol van die hitte en roer die donkersjokolade deur tot glad. Giet die mengsel in die tertkors en laat dit in die yskas stol, minstens 2 uur. Sprinkel die bessies bo-oor en sit voor met geklopte room of vanieljeroomys.

Deur Margie Els-Burger by gestaan deur Nomvuselelo Mncube. Foto’s: Dawie Verwey
Bron: www.voelgoed.co.za/sjokoladetert

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.