On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Babbelgum vir die Siel

Quinoa-slaai met gedroogte appelkose en babaspinasieblare

───   08:27 Sat, 24 Jan 2015

Quinoa-slaai met gedroogte appelkose en babaspinasieblare | News Article
 
 
Bestanddele vir slaaisous:

¼ koppie suurlemoensap
2 eetlepels Bulgaarse / Griekse joghurt
1 ½ teelepels heuning
¼ teelepel komyn
¼ teelepel kaneel
¼ teelepel gemmer
¼ koppie olyfolie
¼ teelepel sout
Varsgemaalde swartpeper na smaak

Slaai:

1 koppie quinoa
2 koppies water
¼ teelepel sout
½ koppie gedroogte appelkose, fyn gesny
1 koppie kersietamaties, gehalveer
1 klein rooi uitjie, fyn gekap
2 koppies babaspinasieblare (of soveel soos verkies)
¼ koppie amandels, gekap

Metode:

Om die slaaisous voor te berei: Klits suurlemoensap, joghurt, heuning, komyn, kaneel en gemmer saam tot goed vermeng. Voeg ¼ koppie olyfolie by. Geur met sout en peper.

Om die slaai voor te berei: Kook guinoa soos rys gaar (voeg die ¼ teelepel sout by). Gooi 1/3 van die slaaisous oor die quinoa en laat afkoel vir 10 minute. Voeg dan appelkose, tamaties en ui by asook 1/3 slaaisous. Bedek die spinasieblare met die res van die olyfolie. Verdeel die spinasie in 4 borde en skep die slaai bo-oor die spinasieblare. Sprinkel amandels oor.
 
Foto:  www.eatingwell.com

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.